
JUNIE is JEUG maand! Ons nooi alle kinders van die Ark om saam met ons vir Linden SAPS te kom bid! Die onderstaande vorm bevat verdere besonderhede. Vul hom asb in en kom bid saam!
forms.gle/312B1LM36LJPxH9c7
KOM WORD DEEL VAN DIE ARK
Registreer gerus deur die QR-kode te gebruik

Daar is geen twyfel daaroor dat die Bybel aan ouers die verantwoordelikheid gee om hulle kinders in die Lig van God se Woord groot te maak nie. ‘n Verantwoordelikheid om seker te maak dat hul kinders geestelik gevoed word en só ‘n Koninkryksvoorsprong ontvang – dat hul kinders geanker word in Jesus en toegerus word met kennis oor God en Sy genade.
In ons gemeente word ouers in die Christelike opvoeding van hul kinders ondersteun deur talentvolle medewerkers wat deur God geroep is om te help by die Kinderkerk.
By die Kinderkerk weet ons dat kinders nie die kerk van môre is nie, maar die kerk van vandag. Daarom voorsien ons aan ons kinders se behoefte om Jesus te loof en te prys op hulle eie manier en Hom op ‘n kinderlike manier te dien binne ‘n omgewing wat esteties mooi is vir die kind.
Grondslag
Luk 9:48 “Elkeen wat hierdie kindjie in my Naam ontvang, ontvang My, en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat my gestuur het. Wie die minste onder julle almal is, hý is groot.”
Sag 4:6 “Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.”
Ouderdomme
Peuters – Graad 5
Ons program se doel is om Jesus waarlik te ken en saam met Hom deur die lewe te stap. Die kinders leer Hom ken deur saam met ‘n “toerleier” deur die Bybel te toer en Bybelkarakters te ontmoet. Sodoende bou kinders ‘n verwysingsraamwerk op vir die lewe en begin om meer soos Jesus te lewe, om meer liefde vir ons medemens te hê en om uit te reik na ander.
Woelwaters (1 – 2 jaar)
Die Woelwaters 1 tot 2 jaar beleef saam met hulle ouers ons eie unieke Bybelgefundeerde stimuleringsprogram.
Meer oor Die Ark






Kentekenprojek
Die Ark se Kentekenprojek moedig kinders aan om die Bybel en hul geloof beter te leer ken deur kentekens te verwerf vir kennis van kerntekste, Bybelboeke, die geloofsbelydenis en praktiese uitreike. Dit is ‘n kreatiewe en leersame manier om hulle toe te rus as jong dissipels van Jesus.

Eerste 5 boeke van die Bybel:
- Genesis
- Eksodus
- Levitikus
- Numeri
- Deuteronómium

39 Boeke van die Ou Testament:
- Genesis
- Eksodus
- Levitikus
- Numeri
- Deuteronomium
- Josua
- Rigters
- Rut
- 1 Samuel
- 2 Samuel
- 1 Konings
- 2 Konings
- 1 Kronieke
- 2 Kronieke
- Esra
- Nehemia
- Ester
- Job
- Psalms
- Spreuke
- Prediker
- Hooglied
- Jesaja
- Jeremia
- Klaagliedere
- Esegiël
- Daniël
- Hosea
- Joel
- Amos
- Obadja
- Jona
- Miga
- Nahum
- Habakuk
- Sefanja
- Haggai
- Sagaria
- Maleagi

Eksodus 20:2-17
“Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. Jy mag naas My geen ander gode hê nie. “Jy mag nie vir jou ‘n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat, maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam. “Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie. “Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie. Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig. “Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee. “Jy mag nie moord pleeg nie. “Jy mag nie egbreuk pleeg nie. “Jy mag nie steel nie. “Jy mag nie vals getuienis teen ‘n ander gee nie. “Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ‘n slaaf of slavin, ‘n bees of ‘n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.”

Matteus 6:9-13:
“Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.”

Hoofprofete
- Jesaja, Jeremia, Esegiël en Daniël.
Sekondêre profete
- Hosea, Joël, Amos, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai, Sagaria en Maleagi.
- Hulle word onderskei van die Hoofprofete omrede hulle kort boeke geskryf het wat in die Bybel opgeneem is.

Boeke van die Nuwe Testament:
- Matteus
- Markus
- Lukas
- Johannes
- Handelinge (van die apostels)
- Romeine
- 1 Korintiërs
- 2 Korintiërs
- Galasiërs
- Efesiërs
- Filippense
- Kolossense
- 1 Tessalonisense
- 2 Tessalonisense
- 1 Timoteus
- 2 Timoteus
- Titus
- Filemon
- Hebreërs
- Jakobus
- 1 Petrus
- 2 Petrus
- 1 Johannes
- 2 Johannes
- 3 Johannes
- Judas
- Openbaring

Galasiërs 5:22-23:
- Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

Loop ’n pad met iemand wat nie Jesus ken nie en kom getuig daarvan by die Ark.

Gaan saam met die Ark op ‘n uitreik.

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde.
En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria;
wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;
wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;
wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,
van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.
Ek glo in die Heilige Gees.
Ek glo aan ʼn heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;
die vergewing van sondes;
die opstanding van die vlees
en ʼn ewige lewe.
